Volltext verfügbar nach Anmeldung bzw. im Campus-Netz.
Die Toepassing Van Die Self-Directed Search op 'n Groep Swart Adolessente
In: South African Journal of Psychology, Jg. 24 (1994-06-01), Heft 2, S. 47-52
Online
serialPeriodical
Zugriff:
In die huidige ondersoek is die aard van die verband tussen die resultate op die Self-Directed Search (SDS) en die Beroepsbelangstellingsvraelys (BBV) ten opsigte van 'n groep swart adolessente in die Oos-Kaap ondersoek. Die primêre doel met die studie was om te bepaal met watter mate van doeltreffendheid Holland se SDS op 'n nie-westerse kultuurgroep toegepas kan word. Die Beroepsbelangstellingsvraelys is in 1973 deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) vir swart skoliere in Suid-Afrika gestandaardiseer. Die vraelys is tot 1987 algemeen gebruik vir die meting van belangstellings van swart leerlinge in Suid-Afrika. Gedurende 1987 is besluit om die SDS in swart skole toe te pas. Die SDS het heelwat voordele gebied aangesien dit 'n self-toepassingsvraelys is, met ander woorde 'n toetsling is in staat om sy voltooide antwoord-blad self na te sien asook die subskaaltellings te bereken, terwyl dit in die geval van die BBV onmoontlik is. Behalwe die tydsekonomiese voordeel kan SDS-resultate ook sinvol met die beroepsinligting soos vervat in die Holland Occupational Codes geïintegreer word. Daar was egter nie veel bekend oor die geskiktheid van hierdie vraelys vir swart leerlinge in die RSA nie. Die korrelasies tussen al die veranderlikes van die SDS en die BBV volgens die Bravais-Pearson metode is vir 'n steekproef van 983 swart adolessente bepaal. Daarna is bepaal watter velde van die BBV elke afsonderlike veld van die SDS die beste kon voorspel. Dit is gedoen deur eers 'n meervoudige korrelasie te bereken om die beste voorspellers van die BBV vir elke afsonderlike veld van die SDS te bepaal en daarna 'n stapsgewyse regressie-analise van die beste voorspellers van die BBV uit te voer. Kanoniese korrelasies tussen al die veranderlikes van die SDS en die BBV is ook bereken. In die algemeen het die resultate daarop gedui dat 'n beduidende positiewe verband tussen die SDS en die BBV bestaan. Hieruit is die afleiding gemaak dat die SDS in hierdie studie wel met 'n groot mate van sukses op 'n nie-westerse kultuurgroep toegepas kon word; 'n afleiding wat steun bied aan die standpunt van Holland dat sy teorie en die SDS op die meeste kulture van toepassing is.
Titel: |
Die Toepassing Van Die Self-Directed Search op 'n Groep Swart Adolessente
|
---|---|
Autor/in / Beteiligte Person: | Brand, H.J. ; van Noordwyk, J.S.J. ; Hanekom, J.D.M. |
Zeitschrift: | South African Journal of Psychology, Jg. 24 (1994-06-01), Heft 2, S. 47-52 |
Veröffentlichung: | 1994 |
Medientyp: | serialPeriodical |
ISSN: | 0081-2463 (print) |
DOI: | 10.1177/008124639402400201 |
Sonstiges: |
|